Kerkalamanak 2016 Die gemeente se hart en hande
is oop vir die verkondiging van die evangelie.
Plaaslik–
die gemeente dra by tot ‘n bediening onder
plaaswerkers en bedryf ‘n Noodspens wat in
voedsel- en ander vorme van nood help.
Transkei– hier is ons al
etlike jare betrokke by ds Christo en
Deleste Wooding wat vanuit Kokstad in ‘n wye
area die enigste leraarspaar is. Ons bydrae
is in die vorm van gebedsondersteuning,
finansieel tot sy salaris, besoeke,
bouprojekte ens. Dit was ‘n voorreg om eers
‘n kombuisie by Brooksnek te bou en later
saam met Onrusrivier se gemeente ‘n kerkie
by Aloekop. Beide die projekte was ‘n
Geestelik verrykende geleentheid. Trouens
elke besoek aan die Transkei was ‘n groot
voorreg vir die gemeente.
Mosambiek–
ons ondersteun Alfred en Belinda Paetzholt
wat onder die Yao stam werk in die Noorde
van Mosambiek. Hier doen ons voorbidding en
dra finansieel by tot hul lewensonderhoud.
Alfred en Belinda was beide proffesionele
persone toe die Heer hulle tot hierdie werk
geroep het. Hulle het in ‘n aardse sin baie
opgeoffer maar doen die werk met groot
toewyding. Hierdie gesin (hulle het 3 seuns)
sit in groot afsondering om die evangelie
oor te dra.
Japan–
ons ondersteun Stefan en Carina van der Watt
deur voorbidding en ‘n fianasiele bydrae.
Stefan was leraar in die Ooskaap toe die
Heer hulle geroep het. Sy skoonouers was
reeds in Japan as Sendelinge werksaam (Tobie
de Wet), maar staan op aftrede. Tog
wonderlik hoe die Heer toe juis hierdie
egpaar roep terwyl Carina reeds
blootstelling uit haar kinderdae aan Japan
se sendingwerk gehad het.
Mag die Heer ons steeds meer
op die terrein van die sending inspireer en
tot diens maak.